Tiekie by Melissa / Ekke

My hondjie, ek mis jou vreeslik baie. Ek dink elke dag aan jou en wens jy kon weer in my armpies wees. Ek mis hoe opgewonde jy was wanneer jy my sien, ek mis hoe gelukkig jy by my was en hoe gelukkig jy my gemaak het. Ek mis jou warm lyfie teen my in die aand as ek slaap of wanneer ek TV kyk. Ek mis om jou in my baadjie rond te dra. Al wat jy ooit gevra het was liefde en aandag, jy het soveel liefde terug gegee, jy was altyd so opreg en so lief vir my, jy wou altyd by my wees. Jy sal altyd in my hartjie wees en ek sal jou nooit vergeet nie. Ek wens ek kon nog tyd saam met jou spandeer het, ek wens ek kon jou nog vas hou, ek wens ek kon jou weer sien hardloop. Ek mis jou so baie. Jy was my alles gewees en dis baie eensaam sonder jou, ek sal altyd vir jou lief wees. Ek mis jou…

 

Met baie liefde,
Tiekie
2008
Melissa